Junie 2012: 1 Miljoen Merk


07 Junie 2012 11:37:43 PM

 

Met die sukses van sy splinternuwe album,Roeper, en ook sy suksesvolle samewerking met Juanita du Plessis op hul nuwe DVD,Hart vol drome, het Theuns nou deel van die uitgelese miljoen-groep geword.

“Dis natuurlik ‘n baie groot eer en meer as wat ek ooit verwag het,” sê Theuns. “My droom was nog altyd om die sanger te wees wat in die hoek van ‘n pub sit en sing. Om dus dié sukses te behaal is soveel groter as wat ek ooit gedink het dit sou wees.”

Roeper, Theuns se vyfde solo-CD, het reeds goue status behaal voor dit nog op die rak was. Dit is tans nommer een op Musica se Top-20 en is ook die afgelope twee weke die nommereen-CD in die land volgens RSG se Top-20. Hart vol drome is wat DVD-verkope aangaan die nommer een op Musica se verkooplys.

Twee van Theuns se vorige albums, Vreemde stad en Tjailatyd, het die 200 000-merk verbygesteek en Seisoen se verkope is meer as 110 000. Koue vuurhet meer as 100 000 eenhede verkoop en sy Grootste Treffers-album het meer as 80 000 verkoop. Roeper beloof om net so ‘n groot sukses soos sy voorgangers te wees.

”Ek het lank gewerk aan Roeper en is baie dankbaar vir die sukses,“ sê Theuns.

Die album bestaan uit veertien snitte waarvan Theuns op tien die skrywer of mede-skrywer was. Een van die liedjies, Voor die storm kom, is reeds ‘n treffer, en die duet met Marta Gomez, die Spaans-Afrikaanse weergawe van Soos bloed, wys hoe ver Afrikaanse musiek kan strek. Die duet met Doctor Victor op die prettigeWie se kind is jy is ’n gunsteling onder aanhangers, maar dis veral die nuwe snitte soos Honger hart, Hartseer vir die reën en Bloutrein wat Theuns vestig as een van die beste sanger/liedjieskrywers in Afrikaans.

Wat is nuus?


Theuns se Musieksmaak

2014/11/04 04:26:34 PM

Die laaste CD wat Theuns Jordaan gekoop het, is Leonard Cohen se Popular Problems. Dié topverkoper sê hy koop self ander plaaslike en interna¬sionale musikante se albums. ...


lees meer

Theuns Jordaan Wen Groot in 2013

2013/09/30 12:10:22 AM

2013 is 'n baie groot jaar vir Theuns Jordaan met sy album Roeper wat die een toekenning na die ander ingeryg het...


lees meer

Junie 2012: 1 Miljoen Merk

2012/06/07 11:37:43 PM

Theuns Jordaan se verkope steek die 1 miljoen-kerf verby...


lees meer